Aantekeninge by Koos Prinsloo bied ’n kritiese
begeleiding by die verskyning van Koos Prinsloo
se versamelde Verhale by Human & Rousseau in
2008. In sy ontleding agterhaal Olivier Prinsloo se
diverse bronne en bied insig in hoe die verhale
vanaf Jonkmanskas (1982) ’n steeds uitdagender
konfrontasie word met literêre konvensies,
politieke magsvorme, geweld en uiteindelik
die dood.
Gerrit Olivier is hoogleraar in Afrikaans en
Nederlands en tans hoof van die Wits School of
Arts aan die Universiteit van die Witwatersrand.
Publication Date: 2008
Author (s): Olivier, G
Format: Softcover
Download extract